Gedigte
Hier vind jy ’n versameling van my gedigte, gerangskik in die volgorde waarin hulle oor die jare geskryf is. Hoewel hulle nie perfek is nie, kom elkeen uit die hart met ’n opregte boodskap en ’n soeke na waarheid en betekenis.
Ek waardeer enige terugvoer – of dit nou kritiek, voorstelle of selfs taal- en spelkorreksies is. Jou insette help my groei, en ek verwelkom dit opreg.
Ongelukkig het ek slegs toegang tot my gedigte vanaf my matriekjaar (1992) en daarna. Indien jy dalk in besit is van enige gedigte wat ek voor daardie tyd geskryf het, sal ek dit ongelooflik waardeer as jy dit met my kan deel. Ek het ongeveer 120 gedigte verloor.
Dankie aan elkeen wat my geïnspireer het om aan te hou skryf. Ek hoop dat jy iets van waarde tussen die lyne sal vind.
Vriendelike Groete
Chris