Besoekers - Totaal: 324097
So alleen
Ek voel so alleen.
Die verlange slaan my blou.
Nie ’n verlange na enigiets -
Nee, ’n verlange na jou.
My projek wat ek bou
Gaan gepaard met hartseer.
Elke komponent wat ek soldeer,
Wonder ek, wat doen jy nou?
As elke komponent
’n Stukkie was van jou,
Sou ek blitsvinnig alles vasheg
Om jou nou in my arms te hou.
Ek hoor hoe my horlosie
My op ’n hipnotiese tempo kil.
Dit maak my rustig, en ek besef
Die tyd staan glad nie stil.
Dit maak my eintlik opgewonde
Om te weet dat elke sekonde
Die tyd verminder tot weersiens,
Waar ons mekaar styf vas kan hou.
Bid vir ons, my lief.
Vra vir God vir seëninge,
Dat ons saam kan lewe
En die ewige verlange kan knou.
Dat die alleen gevoel
Vir ewig mag verdwyn,
En ons Drie saam ’n toekoms
Onder een dak, reg kan bou.
Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4de Jaar)
So Alone
I feel so lost, so far from you,
This longing bruises my spirit blue.
It’s not for things I miss or crave -
It’s a deep, aching longing for you.
This project that my hands pursue
Brings sorrow softly, part by part.
Each wire I solder into place
Reflects the ache inside my heart.
If every part I now connect
Could be a piece that speaks of you,
I’d finish fast, I’d press them close -
And hold you tight the whole night through.
I hear the ticking of the clock,
Its rhythm slow, yet strangely sweet.
It calms me with the truth it tells -
That time won’t stop or miss a beat.
But deep inside, excitement stirs,
Each second draws me near
To when we’ll meet and I’ll hold you -
That moment’s coming clear.
So pray for us, my dearest love,
Ask God to bless our path ahead -
That we may live beneath one roof,
Where tears no longer need be shed.
Where lonely days are left behind,
And longing’s grip is finally through -
Where we - us Three - build something real,
Together, strong, beneath one roof.
Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4th Year - Translated from Afrikaans)
No thoughts on “So alleen”
Lys van Gedigte
-
1987 (Graad 6)
-
1992 (Graad 11)
-
1993 (Graad 12)
-
1994 (1ste Jaar)
-
1995 (2de Jaar)
-
1996 (3de Jaar)
- Little Lovebird
- Kaartnag
- Verkeerde Tyd
- 'n Druppeltjie Skinder
- Afhanklikheid
- Ons verhouding
- Waar's Klaas?
- Ek verlang...
- 'n Nietige besef
- Visvang
- Sal jy met my uitgaan?
- Getrou
- Liefling
- Fluisterkampanje
- 'n Harde tyd
- Pannekoek tydens reën
- Al gewonder?
- Aan my meisie
- Drome van Pyn
- Drome van Werklikheid
- Kry jou ry
- Jonas kan ook bid
- 'n Verlore saak
- Gekniehalterde Emosies
-
1997 (4de Jaar)
- Viola
- Sincere Love
- My Wish for Destiny
- 'n Skietgebedjie
- Jy
- My lewensmaat
- Ek het jou lief!
- Myle vir jou
- Sandput
- My Lewe
- Romeo en Juliet
- Versoeking
- So alleen
- Daai dag, my lief...
- Ons besef wat ons het
- Maalgat
- My Sonnetjie
- Slaap sag
- Waansinnig
- Ons is een
- Oievaar kaskenade
- My liefde
- Verjaardag
- Vry
- Liefdesreuk
- Dis Lente
- God, Ek is Joune
- Bloedsweet
- Dwarrel, dwarrel my gedagtes...
- Diskreet
-
1998
-
1999 - 2001
-
2002
-
2004
-
2005
-
2007
-
2009
-
2017
-
2019
-
2022
-
2023
-
2024
-
2025
-
2026