Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

Maalgat

In die maalgat van die lewe,
Dwarel en skaaf ons saam.
Ons is nog ver van glad,
Geslyp nog min, dis waar.

Hierdie slyping neem tyd,
Dis 'n langtermynproses.
Met tyd word ons gladder,
Die hakplekkies vergruis.

As ons albei sag is,
Sal ons saam kan vorm.
Anders gaan een wegslyp,
Kleiner as ’n korrel.

Die sagtheid van ons liefde
Gaan die tempo bepaal,
Waarteen ons vervorm,
Die hakplekkies wegmaal.

So kom ons pak die maalgat,
As twee tieroogklippe aan.
Kom ons kry ’n beleid
Teen die woeste water stryd.

Saam sal ons dan eendag
Kan spog met 'n blink glans.
Saam as twee knikkertjies
In die lewenspel se pas.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4de Jaar)

 

Grinding Stone

In life’s great grinding stone,
We clash and scrape as one.
Still far from smooth and bright,
Our edges rough and spun.

This sharpening takes time,
A process slow and long.
With patience we will smooth,
And break what does not belong.

When both of us are soft,
Together we will mold.
Else one will wear thin,
Smaller than a grain of gold.

The softness of our love
Will set the grinding pace,
Determining how we change,
And smooth each roughened place.

So let us face the grind,
Like two fierce tiger’s eyes.
Let’s find a steady way
To meet the storm’s surprise.

Together we will shine,
With polish bright and clear,
Two marbles in the game of life,
A life we hold so dear.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1997 (4th Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Maalgat”

Lys van Gedigte