Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

1995 (2de Jaar)

Mariaan

Mariaan is ’n boerenooi,
’n meisie na my hart.
Naaldwerk doen sy al te mooi,
en ken van koskook tart!

Nuwe idees kom oor en weer,
en werk net soos die beste geweer.
Wat wil ’n man dan meer begeer,
as ’n vrou wat van alles wil leer?

As ek my in die kombuis betrap,
dan gaps ek gewoonlik ’n baie groot hap -
van die melktert wat sy graag berei,
net soos dié van Sannie van der Spuy.

Naald en gare skrik haar nie af,
sy ken van klere soos ’n stroper van kaf.
Wie nog só flink met ’n masjien kan werk,
behoort beslis saam met my in die kerk.

Maar dan trek die waarheid my weer vas,
net soos ’n ou bekende wysie -
As sy nie my moeder was,
was sy beslis my meisie.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1995 (2de Jaar)

Mariaan

Mariaan is a farm-raised girl,
A lady who’s captured my heart.
She sews with such delicate grace,
And she’s a master of culinary art.

Fresh ideas come day by day - 
They strike like lightning, sharp and true.
What more could a man desire
Than a woman eager to learn something new?

When I’m caught in the kitchen space,
It’s usually for a sneaky taste - 
Of her milk tart, made just right,
Like Sannie van der Spuy’s delight.

Needle and thread don’t scare her at all,
She handles clothes like wheat from the hull.
Who else can sew with hands so quick?
She belongs with me in church - take your pick!

But then the truth pulls at my heart,
Like an old familiar melody.
If she were not the one who bore me,
She’d be my love - my bride-to-be.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1995 (2nd Year - Translated from Afrikaans)

Lys van Gedigte