Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324172

Al gewonder?

Het jy al gewonder
waarom ek jou só lief het,
waarom ek jou so bemin?
Het jy al gewonder
waarom ek die heeldag
walsmusiek wil sing?

Ek het al gewonder
waarom ek so baie
die heeldag aan jou dink.
Ek het al gewonder
waarom ek in my drome
die heelnag saam jou sing.

As ek 'n antwoord
Nou dadelik sou moes gee,
Sou ek moes halt in my tree.
Omgekrap sou ek dan wonder
Nou watter rede moet ek gee?
Ansona, dit is ver meer as twee!

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3de Jaar)

 

Ever Wondered?

Have you ever wondered
Why I love you like I do?
Why my heart beats just for you?
Have you ever wondered why
I hum a waltz the whole day through,
As if my soul just sings of you?

I’ve often found myself surprised - 
Why you're always on my mind,
All day long, in every kind
Of quiet thought or drifting gaze,
And in my dreams through nighttime’s maze,
I sing with you in tender praise.

Answering that, if I must today,
Needless to say, I’d stop mid-way.
So many reasons rush to me - 
Overwhelmed by what they could be.
None alone could explain it true…
Ansona, it’s far more than two!

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3rd Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Al gewonder?”

Lys van Gedigte