Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324094

Aan Carolien

Ek sit op ’n rotsagtige randjie,
die wind waai saggies deur my hare -
dit waai nie deurmekaar nie, maar
ek voel dit saggies.
Dit is laatmiddag en
die son wil-wil begin wegkruip.
Die rooi glans op die horison
gee die soetdoringbome
’n silhoeët van rustigheid.
Die soet reuk van doringbloeisels
vul die atmosfeer,
en die sonbesies se gesing
gee 'n salige rustigheid in my hart.
Ek hoor 'n dier in die verte blaf.
Alles lyk so sag.
Ek wil sing, maar
’n wysie wil nie posvat nie.
Dit is wonderlik,
Wonderlik om net so te sit
En bewonder...

Jou vriendskap laat my voel
soos dié prentjie, geskilder hierbo.

Met Liefde
Chris

Ek mis jou ! xxx

                              Chris M. v/d Westhuizen '1994 (Eerste Jaar)

 

To Carolien

I sit on a rocky little ledge.
The wind gently whispers through my hair.
It doesn’t toss it wild - 
I simply feel it there.
It’s late afternoon, and
The sun begins to slip away.
A reddish glow lines the horizon,
Framing the sweet thorn trees
In silhouettes of peace.
The scent of thorn blossoms
Fills the atmosphere,
And the cicadas’ steady song
Brings calmness to my soul.
I hear an animal barking far away.
Everything feels so soft, so still.
I want to sing, but
No melody takes shape.
It’s wonderful - 
Just to sit like this,
And take it all in… and marvel.

Your friendship makes me feel
Just like the scene I’ve painted above.

With love,
Chris

I miss you! xxx

                              Chris M. v/d Westhuizen '1994 (First Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Aan Carolien”

Lys van Gedigte