Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324094

Kry jou ry

Jou lippe lyk so sag,
jy’s betowerend mooi.
Jou glimlag gee my
rillings al langs my rug.

Dit is so jammer
dat ’n foto nou vir my
moet herinner aan liefde
wat ons eers nie kon vermy.

Diep in my hart
het ek geweet dit is verby -
die tyd toe ek moes agterkom
van verskonings op ’n ry.

Graag wil ek jou vra
om met jou volgende ou,
te praat oor iets wat pla
en hou dit nie van hom nie.

Daardeur sal jy soveel pyn
op die lang termyn vermy,
en probleme sal nie groter raak
dat jy van hom wil skei.

Hierdie boodskap aan jou
is opreg bedoel van my,
want ek moes op ’n seer manier
gehoor het: kry jou ry.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3de Jaar)

 

Be on Your Way

Your lips look soft,
You look enchantingly fine.
Your smile sends shivers
Running down my spine.

It’s such a shame that now
A photo must remind
Of love we couldn’t dodge,
A bond we left behind.

Deep in my heart,
I knew that it was done,
The moment I uncovered
Excuses stacked one by one.

I’d like to kindly ask you,
With the next man you pursue,
To speak up when something’s wrong - 
Don’t keep it all from view.

That way, you’ll spare much pain
And heartache on the way.
No storm will grow so heavy
That love will slip away.

This message comes to you
With honesty from me.
I had to learn the hard way - 
Be on your way.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3rd Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Kry jou ry”

Lys van Gedigte