Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

Jonas kan ook bid

Een aand sit ek op die stoep,
die nag is nogals donker.
Toe hoor ek die geroep.

Ek is Jonas, o Here, kom hy tot verhaal.
Dit is so swaar hier op die aarde;
glo my, Here, erger as die hel!
Ag, stuur asseblief vir engel Gabriel,
sodat hy vir my hier kan kom haal.

Die volgende aand kom kuier oom Piet,
ons het nog so ’n doppie geniet.
Toe hoor ons die verdriet.

Ek is Jonas, o Here, kom hy tot verhaal.
Dit is so swaar hier op die aarde;
glo my, Here, erger as die hel!
Ag, stuur asseblief vir engel Gabriel,
sodat hy vir my hier kan kom haal.

Oom Piet, met sy grys kop en baard,
stap toe daar na Jonas waar hy bid.
Jonas hoor die stappe en vra, “Wie’s dit?”

Dit is ek, engel Gabriel, Jonas,
jy het my laat roep.
Met ’n groot geskrik en ’n gluur,
kom die antwoord pieperig deur:
Jonas sê hy’s nie hier!

 

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3de Jaar)

 

Jonah Can Also Pray

One night I sat out on the stoep,
The night was rather dark,
When I heard a sudden whoop.

"I'm Jonah, oh Lord!" came the call.
"It's so hard here on earth - 
Believe me, Lord, worse than hell!
Please send the angel Gabriel,
To come and fetch me from this spell."

The next night Uncle Pete came by,
We shared a little drink or two,
Then we heard the same old cry:

"I'm Jonah, oh Lord!" came the call.
"It's so hard here on earth - 
Believe me, Lord, worse than hell!
Please send the angel Gabriel,
To come and fetch me from this spell."

Old Uncle Pete, with grey beard and head,
Walked to Jonah where he prayed.
Jonah heard footsteps and asked, “Who’s there?” with dread.

“It’s me - Angel Gabriel, Jonah,
You called, and so I came!”
With a squeal and eyes gone wide,
Jonah whispered as he tried to hide:
“Jonah says he's not here!”

                              Chris M. v/d Westhuizen '1996 (3rd Year - Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Jonas kan ook bid”

Lys van Gedigte