Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

1994 (1ste Jaar)

Verste grens van menswees

Menswees is vir baie 'n droom,
maar om daarvan deel te wees,
is soos 'n kersie op 'n koek
met die lekkerste soet room.

Om te kan lag wanneer jy wil,
om te kan sing en ook te fluit,
sonder om te dink wat ander sê -
dis dít wat ek in die lewe wil hê!

God het ons as mense gemaak
om met vreugde saam te leef.
Want om net asem te haal,
is jou lewe lusteloos en kaal.

So bewaarheid dan dié droom
met die lekkerste soet room.
Jy is net eenmaal mens,
so reik na jou verste grens.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1994 (Eerste Jaar)

Nota: Die gedig is geinspireer deur 'n boek wat ons in Matriek gelees het genaamd Verste Grens. 

 

Farthest Frontier of Being Human

Being human is a dream for many,
But to live it fully, truly,
Is like the cherry on a cake
With the sweetest, creamiest icing to take.

To laugh whenever your heart may choose,
To sing and whistle without excuse,
Not worrying what others might say -
Yes, that’s how I want to live each day!

God made us human, full of grace,
To enjoy life, not just fill space.
For simply breathing, day by day,
Is living life in a lifeless way.

So make this dream a shining goal,
With joy and sweetness in your soul.
You're human just once - so take a chance,
And reach for your farthest expanse.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1994 (First Year - Translated from Afrikaans)

Note: This poem was inspired by a book we read in our final school year, titled “Verste Grens.”

Lys van Gedigte