Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 324097

Ek bid tot U...

Ek bid tot U, my Vader,
Ek dank U vir U Seun.
Ek dank U vir die lekker dag -
Vir oggendson en reën.

O God, my Heer en Meester,
Op hierdie dag van U,
Kom vra ek weer genade,
Kom bid ek vir U seën.

U is my vertroosting,
Soos Dawid eens gesê,
In my vir U 'n woning
Waar deure wyd oop lê.

O Heer, gee my die wysheid
Om U grootheid te verstaan.
Ek bid tot U, my Herder -
Net U kan my verstaan.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1998

 

I Pray to You...

I pray to You, my Father,
I thank You for Your Son.
I thank You for this lovely day -
For morning sun and rain that comes.

O God, my Lord and Master,
This day belongs to You.
I come again for mercy,
And blessings fresh and true.

You are my consolation,
As David once proclaimed.
In me, a place prepared for You,
Where open doors remain.

O Lord, grant me the wisdom
To grasp how great You are.
I pray to You, my Shepherd -
Only You can know my heart.

                              Chris M. v/d Westhuizen '1998 (Translated from Afrikaans)

No thoughts on “Ek bid tot U...”

Lys van Gedigte