Besoekers - Totaal: 324088
Tuisblad
Welkom by die Amptelike Webblad van Chris van der Westhuizen
Goeie dag en welkom.
Ek is tans besig om hierdie webblad verder uit te brei en waardevolle inhoud by te voeg.
Terwyl ek eerlik my eie gebreke erken, staan ek vas in my geloof in die genade en vergifnis van Jesus Christus. Ek kies om nie in die verlede te bly stilstaan nie, maar om vorentoe te beweeg – hand aan die ploeg, sonder om agterom te kyk. My verlede definieer my nie meer nie, en ek vra opregte verskoning aan dié wat ek ooit te na gekom het. Ek is nie vandag wie ek eens was nie. Ek het geleer, gegroei, en ek werk daagliks daaraan om in waarheid en nederigheid voor God en mense te wandel.
Gedigte
My digkuns dateer terug tot my matriekjaar (1992) en dien as ’n refleksie van my reis – soms rou, soms gekompliseerd, maar altyd eerlik. Indien jy dalk ouer gedigte van my in jou besit het (voor 1992), sal ek dit opreg waardeer as jy dit met my deel. Ek het ongeveer 120 gedigte voor 1992 verloor.
My styl mag dalk nie konvensioneel wees nie, maar my doel is eenvoudig: om te laat dink, vrae op te roep, en soms, om hoop te bring. Ek het ook besluit om van my Engelse gedigte hier in te sluit, ten einde ’n breër gehoor te bereik.
Ek is nie 'n taalpuris nie – my sinne is soms lank en my spel nie altyd korrek nie – maar ek waardeer dit opreg as jy my wys op foute of voorstelle het vir verbetering. Kontak my gerus.
Gedagtes
’n Algemene wanopvatting onder baie is dat die Bybel verbied dat ons oordeel – gebaseer op slegs een vers, dikwels buite konteks. In my artikel, “Jy MOET oordeel, sê die Bybel!!!”, neem ek die leser op ’n reis van Bybelse ondersoek en verduidelik ek waarom oordeel, mits dit regverdig en met onderskeiding toegepas word, wél 'n noodsaaklike verantwoordelikheid is. Hierdie artikel dien as die grondslag vir ’n reeks opvolgende geskrifte oor geloof, waarheid en geestelike volwassenheid.
Boeke
Ek nooi jou ook uit om my drie publikasies te verken. Elke boek is ’n uitdrukking van my soeke na waarheid, my stryd met die menslike natuur, en my onwrikbare geloof in God se Woord:
- My God, My Father, My Friend - Kliek hier - ’n intieme ontdekking van die karakter van God as Vader, Vriend en Verlosser.
- Unveiling the Truth through 153 Questions - Kliek hier - ’n diepgaande vrae-en-antwoorde studie wat uitdagende teologiese vrae aanpak met Bybelse antwoorde.
- You Are So NOT Gay, Says the Bible! - Kliek hier - ’n eerlike, konfrontasionele ondersoek van seksuele identiteit in die lig van Skrifwaarheid.
Dankie dat jy hier is.
Ek hoop jy vind inspirasie, waarheid en eerlikheid in wat ek deel.
Vriendelike groete,
Chris
2 thoughts on “Tuisblad”
Lys van Gedigte
-
1987 (Graad 6)
-
1992 (Graad 11)
-
1993 (Graad 12)
-
1994 (1ste Jaar)
-
1995 (2de Jaar)
-
1996 (3de Jaar)
- Little Lovebird
- Kaartnag
- Verkeerde Tyd
- 'n Druppeltjie Skinder
- Afhanklikheid
- Ons verhouding
- Waar's Klaas?
- Ek verlang...
- 'n Nietige besef
- Visvang
- Sal jy met my uitgaan?
- Getrou
- Liefling
- Fluisterkampanje
- 'n Harde tyd
- Pannekoek tydens reën
- Al gewonder?
- Aan my meisie
- Drome van Pyn
- Drome van Werklikheid
- Kry jou ry
- Jonas kan ook bid
- 'n Verlore saak
- Gekniehalterde Emosies
-
1997 (4de Jaar)
- Viola
- Sincere Love
- My Wish for Destiny
- 'n Skietgebedjie
- Jy
- My lewensmaat
- Ek het jou lief!
- Myle vir jou
- Sandput
- My Lewe
- Romeo en Juliet
- Versoeking
- So alleen
- Daai dag, my lief...
- Ons besef wat ons het
- Maalgat
- My Sonnetjie
- Slaap sag
- Waansinnig
- Ons is een
- Oievaar kaskenade
- My liefde
- Verjaardag
- Vry
- Liefdesreuk
- Dis Lente
- God, Ek is Joune
- Bloedsweet
- Dwarrel, dwarrel my gedagtes...
- Diskreet
-
1998
-
1999 - 2001
-
2002
-
2004
-
2005
-
2007
-
2009
-
2017
-
2019
-
2022
-
2023
-
2024
-
2025
-
2026
:-) :-) Christ's coming to earth to give his life for our sin is awesome indeed. But I'm thankful I know Christ and he is in me. Praise ye the Lord.
[quote name="Erma J Evans"]:-) :-) Christ's coming to earth to give his life for our sin is awesome indeed. But I'm thankful I know Christ and he is in me. Praise ye the Lord.[/quote]
Thank you Erma for your reply. :-) I believe in the Trinity, so to speak that Jesus is in our heart. If we do take a look at what the Bible says in John 14 and some other places, Jesus went to His Father (God) to prepare a place for us and leaving the Holy Spirit with us and in us believers. :-)