Besoekers - Totaal: 324097
Sing met liefde
Sing vir my ’n lied
waarin jy vir my vertel
dat jy my nog so liefhet,
al gaan dit nie aldag wel.
Sing vir my ’n lied
waarin jy vir my beloof
dat niemand ooit sal regkry
om jou van my te roof.
Sing met my in kanon
as jy nie saam my stem.
Ons opinies mag verskil,
maar so leer ons mekaar ken.
Sing vir my uit volle bors
as jou gemoed begin opwen.
Onthou net dat jou tong is
soos ’n skerp geslypte lem.
Sing vir my op ritme
as ek dit sou verloor.
Laat ons mekaar ondersteun
in ’n passievolle koor.
Sing vir my jou hart uit
oor jou daaglikse warboel.
Ek stel net belang in jou -
wil jou geliefd laat voel.
Sing vir my so saggies
as jy rustig oor ons voel;
as ons bymekaar is
in ’n melodie gewoel.
Sing saam my in harmonie,
laat ons mekaar aanvul.
Ons sal nooit kan voorspel
wat die lewe mag onthul.
Singend sal ons saam wees
deur nog baie jare saam...
en as d-dag mag aanbreek,
ons mekaar lankal sal verstaan.
Chris M. v/d Westhuizen '2005
Sing with Love
Sing me a song
in which you gently say
you still love me deeply,
even when things don’t go our way.
Sing me a song
where your promise is clear -
that no one could ever succeed
in stealing you from here.
Sing with me in canon
when you don’t agree.
Our views may not align,
but that’s how you learn to know me.
Sing to me your full-hearted voice
when your feelings start to rise.
Just remember: your tongue
is a sharp, well-sharpened knife.
Sing to me in rhythm
if ever I lose the beat.
Let’s carry one another
in a passionate choral seat.
Sing me your heart out
through your everyday mess.
I care only for you -
I just want you to feel blessed.
Sing to me softly
when peace fills your chest,
as we wrap around each other
in melody and rest.
Sing with me in harmony,
let our voices entwine.
We can’t predict tomorrow,
or what life will define.
Still, singing we shall remain
for many years to come...
and when our last day arrives,
we’ll have long since become one.
Chris M. v/d Westhuizen '2005 (Translated from Afrikaans)
No thoughts on “Sing met liefde”
Lys van Gedigte
-
1987 (Graad 6)
-
1992 (Graad 11)
-
1993 (Graad 12)
-
1994 (1ste Jaar)
-
1995 (2de Jaar)
-
1996 (3de Jaar)
- Little Lovebird
- Kaartnag
- Verkeerde Tyd
- 'n Druppeltjie Skinder
- Afhanklikheid
- Ons verhouding
- Waar's Klaas?
- Ek verlang...
- 'n Nietige besef
- Visvang
- Sal jy met my uitgaan?
- Getrou
- Liefling
- Fluisterkampanje
- 'n Harde tyd
- Pannekoek tydens reën
- Al gewonder?
- Aan my meisie
- Drome van Pyn
- Drome van Werklikheid
- Kry jou ry
- Jonas kan ook bid
- 'n Verlore saak
- Gekniehalterde Emosies
-
1997 (4de Jaar)
- Viola
- Sincere Love
- My Wish for Destiny
- 'n Skietgebedjie
- Jy
- My lewensmaat
- Ek het jou lief!
- Myle vir jou
- Sandput
- My Lewe
- Romeo en Juliet
- Versoeking
- So alleen
- Daai dag, my lief...
- Ons besef wat ons het
- Maalgat
- My Sonnetjie
- Slaap sag
- Waansinnig
- Ons is een
- Oievaar kaskenade
- My liefde
- Verjaardag
- Vry
- Liefdesreuk
- Dis Lente
- God, Ek is Joune
- Bloedsweet
- Dwarrel, dwarrel my gedagtes...
- Diskreet
-
1998
-
1999 - 2001
-
2002
-
2004
-
2005
-
2007
-
2009
-
2017
-
2019
-
2022
-
2023
-
2024
-
2025
-
2026