Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75657

Jou Beroerte

Ek voel dom, onnosel, stom...
en ha…ha… hakkel as ek praat...
Ek moet sin maak van my lewe
om, tans alleen, verder te probeer oorleef.

Afstootlik vir jou, en die samelewing...
'n vernedering is ek...
Al probeer ek hoe hard om te ontsnap,
te herstel van die gebrek.

Plaas jou in my verflenterde skoene,
in my lyf, in my kop vir net 'n oomblik...
Voel my angs, my seer en onsekerheid...
Voel my vernedering, my trane...

Ons God het my nie verlaat...
Vir 'n rede moes Hy my skaad...
Want nooit sou ek, eens suksesvolle man,
oor afhanklikheid van Jesus praat.

Maar nou…
kyk tot waar het Hy ons gebring...
Tot waar kan hy ons neem?
Ek probeer hard om 'n sukses te wees
Om weer soos eens te wees…

Sien raak dat ek jou liefhet.
Sien raak dat ek nooit opgee nie.
Sien raak dat ek nog steeds soos ouds...
Die sakeman, en liefling probeer wees.

My hoop is op jou, my lief...
Ons Belofte aan mekaar, en aan God,
om onvoorwaardelik Lief te hê...
Dit bly daagliks my gebed...

Ek het jou nodig in hierdie stryd
om steeds my kameraad van ouds te wees.
My hart is verskeur, my binneste huil in nood...
Ek verlang na jou, my dierbare sielsgenoot.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2019

 NS: Geskryf deur die hart van my vriend, wat sy beroerte, nood, geloof, liefde vir sy vrou en hoop met my gedeel het.

Lys van Gedigte