Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76531

My glimlag is gesteel

As julle maar net kon sien
dat jul woorde wonde toedien,
dat jul houding eenoor my
die woord 'Antagonisme' oorskry.

My eens borrelende warm hart
is oorvol smart.
My eens vriendelike opregte mens
se gees is nou, verwronge.

Die Ironie van die saak is wel
dat my oppergesag nie daaroor kwel.
Ek het my misnoeë bekend gemaak,
maar het myself daardeur geskaak.
Want my oë aanskynlik, onbenullige grief
brandmerk my as, maar net oorsensitief.
As iemand maar net jul skuld kon sien
verby jul heilige vroom gesiggies!

Die front wat ek voorhou
verberg my wonde, rou.
My gesig, my hart in jul hand
is onherkenbaar, misvormd verbrand.

My liefde is vervang met vrees.
Ek word verwerp, ek's wees.
Sistematiese vervreming is hier die reël.
Help! My glimlag is gesteel!

                              Chris M. v/d Westhuizen '2017

 

Lys van Gedigte