Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76806

Sien jy die Prentjie?

'n Geskilderde hemelliggaam
met pastel verf getooi,
wat hang bo liggrys wolke
in vermengings van geel en rooi.

Eers sien jy die stormwinde.
'n skip wil op rotse strand.
Tog sien jy aan die anderkant
God se reddings hand.

In die eenkant rou erosie.
Die aarde is verstrooid.
Duskant is terasse blomme
in skakerings so mooi.

Sien jy die prentjie?

Die son is energie gewend
en 'n lig op die weg,
maar ook maklik brandend
om alles te verskroei.

Die wolke wat reën gee
en alles op aarde laat blom,
kan ook in donderstorms
spruitjies in mere vermom.

Ek en jy is ook daar binne,
maar is goed vermom.
Wat ek alles sien
slaan my sommer stom.

Al is alles hoe teenstrydig,
is die sproeireën wolke
en sonstrale saam gegooi.

Die helderkleurigste reënboog
wat groot oor die Monet strek,
is die resultaat wat onthou word,
en is God se wonderwerk.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte