Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76531

Ek verlang, Pa

Net een koppie koffie
om herinderings te prikkel.
Ek onthou dit wat altyd
een suiker sonder melk.
Maar altyd is vir altyd -
nou nie meer nie.

Al is dit nou al jare
dat Pa moes gaan na
daar waar die anderkant is,
is jy nogsteeds gedagtes
wat daagliks geprikkel word
deur dingetjies wat, jý was.

Daagliks het ek vrae
en sou net gou-gou
die foon wou gryp
om net vinnig te pla.
Of om sommer net,
Pa weet mos, hallo te sê.

Pa het altyd 'n antwoord
vir enige vraag gehad.
'n Kammeraad soos min
wat my die beste wou gun.
Saam met jou was ek
altyd sterk en veilig.

Ek weet Pa is jammer
oor so baie dinge...
Ek weet jy het hard probeer
om 'n pa vir ons te wees.
Dit was Pa verseker,
die beste wat daar was.

Ek dink my koppie koffie
is vir eers nou leeg...

Ek verlang so na jou, Pa.
As jy maar net kon weet -
Jy was my beste vriend.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte