Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76809

Voel jy?

Ek voel alweer onmoontlik sleg
Hier in my hart van verstand.
Dis 'n worstelling wat soos
'n stormwind, erg dwarrel.

'n Man, sy vrou en broer
smeek my vir kos en nog,
nog voor die voordeur eens
uit die gat kon klim.

Hul moee koue oë
gluur my honger aan.
Net sy vrou se oë
bly skaam grond toe staan.

Met sy effe drank asem
praat hy van God en
die Heilige Gees.
Ek wonder of hy vrees?

Ek wonder of dit nie net
'n desperate probeerslag is
om iets te kry wat
sy honger maag sal sus?

En of hy werkik glo?

Ek kry hulle jammer waar
hulle in die koue weer staan.
My hart voel so sleg as ek dink
aan so baie wat ek het.

Sonder om driemaal te dink
maak ek gou-gou iets
om hul magies te vul.

Maar ek weet dit gaan hulle
nie uit elende trek.

Dit is maar net tydelik,
die oplossing wat ek bied.
Wat van ses ure later?
Waarheen in die toekoms, dan?

Al is hulle weg
voel ek nogsteeds baie sleg.
Dis 'n worstelling wat soos
'n stormwind, erg dwarrel.

Dit ontstel my so as ek
my in hulle skoene voorstel.
Ek bid tot God ons Heer
om hulle uit misnoeë te tel.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte