Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76809

Ek kry jammer, maar...

Vlenters lê hulle.
Ek kry jammer,
maar ek kan nie.
Ek dink aan hulle
soos ek verby die
smekende hande loop.

In my motor klim ek
met gesig op stuur gerig.
In my gedagte sien ek
nog die oë, vol hoop belig.

Ag Vader help my
om nie so sleg te voel.
U verstaan wat ek bedoel.
In die land waarin ons lewe
gaan dit met almal sleg.
Almal se glorie is weg.

Die vrae wat nou vir ure
in my kop rond draai:
Moes ek nie maar 'n geldjie...?
Sal ek maai wat ek saai?

Ek kry so gou jammer, maar
moet aan myself eers dink.
Elke sent tweekeer omdraai,
moet maar tweekeer dink.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte