Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76809

Kastaiings in die vuur

Stille water, diepe grond
onder dans my maatjies rond.
Maar die dagga voel vokkol
wat in my kop rond smokkel.

Alles is in slo-mo
Ek sien vissies om my swem.
O hel, wat nou?
Ek hoor 'n harde stem.

Die tafels dryf,
die lig is skerp.
O heng, wat nou?
Ek moet my neerwerp.

Die polisie is al om my,
ek voel so lekker dronk.
Ek moet gou wegkruip
anders land ek in die tronk.

Te laat ou maat!
Ek moet nou agter in ry.
Die boeie sit so styf.
Wat se bloed is aan my lyf?

Hier sit ek in my sel,
kon net een iemand bel.
Ek kon niks onthou...
Maar glo my, ek rou.

Die een vriend daar
was dood aangetref.
Ek glo hy't geval, maar
verduidelik dit so aan almal.

Nou moet ek boet
en agter tralies sit,
en dit na eenkeer
se soet daggapit.

Groepsdruk was die oorsaak
vir al hierdie hel.
As ek nie sou betrokke raak
kon niemand my skaak.

Ek moes maar geluister het
na my enkele vriend...
Die groep sê nou
ek het dit verdiend.

Dit is nou te laat
en ek kon dit keer.
Ek moes maar geluister het.
Ai! Al die selfverwyt.

Dit was my eerste keer,
maar glo my...
Nooit nie weer.

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte