Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75659

Oorlog

Die kreun van
stemme wat verlore raak
in stofgange van rooi.
Dis ons mense wat hul bloed
vergiet het om ander te betaam.

En nou,
Waar het dit ons gebring!

Moeders wat hul seuns verloor het.
Vrouens hul mans,
en kinders hul vaders
net so aan die dood afgestaan.

En nou,
waar het dit ons gebring?

                              Chris M. v/d Westhuizen '2002

Lys van Gedigte