Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75657

Oievaar kaskenade

Pappa oievaar kom tuis,
Vlerke sleep en snawel hang
En is bloedrooi in die wang.
Hy het agt babas afgelewer.

Mamma oievaar kom tuis,
Sy het tien babas afgelewer.
Met heupe seer en pote sweer
Gaan sit sy op die bank.

Hier kom boetie in gedrentel
Met 'n nek so styf en seer.
En dié moegheid?
Wil mamma oievaar weet.

Ek weet ek's nog te jonk
Om babas af te lewer,
Maar ek het al geleer
Om studente skrik te maak.

                              Chris M. v/d Westhuizen '97

Lys van Gedigte