Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76529

So alleen

Ek voel so alleen.
Die verlange slaan my blou.
Nie 'n verlange na enigiets.
Nee, 'n verlange na jou.

My projek wat ek bou
Gaan gepaard met hartseer.
Elke komponent wat ek soldeer
Wonder ek, wat doen jy nou.

As elke komponent
'n Stukkie was van jou,
Het ek blits vinnig alles vas geheg
Om jou nou in my arms te hou.

Ek hoor my horlosie op 'n
Hipnotiese tempo tik.
Dit maak my rustig en'k besef
Die tyd staan nie stil.

Dit maak my eintlik opgewonde
Om te weet dat elke sekonde
Die tyd verminder tot weersiens,
Waar ons mekaar styf vas kan hou.

Bid vir ons, my lief.
Vra vir God vir seëninge,
Dat ons saam kan lewe
En die ewige verlange kan knou.

Dat die alleen gevoel
Vir ewig kan verdwyn,
En ons drie saam 'n toekoms
Onder een dak, reg kan bou.

                              Chris M. v/d Westhuizen '97

Lys van Gedigte