Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75659

Versoekking

Hoe durf die winde my murasiekleed
Verweer in stormhaal, vol blou leed.
Hoe durf die stof vol haat en nyd
My wit verf kom bemodder.

Niks wil niemand rein bly hou
Alles wil almal laat berou.
Maar ek as klip in hiedie muur
Sal stewig, sterk bly staan.

Storms sal ek trots afweer
'n Ander sal ek nooit begeer,
Want jy's die hoop wat my laat wees.
Die sement in hierdie muur.

Voor jou, voor ons sal ek
Nooit nie, nooit nie vaal.
Want geen storm is te groot.
Niks kan my fyn maal.

                              Chris M. v/d Westhuizen '97

Lys van Gedigte