Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75657

'n Verlore saak

Goeie môre oom
Hoe gaan dit vandag?
Nee, kla mos nooit,
Altyd vol krag.

Dit lyk so,
Of iets jou pla?
As ek kan help
Moet jy net vra.

Ek het vanmôre
Iets op die hart,
Ek wil vra vir
U dogter se hand?

As my dogter nou
Nie baie ryk was,
Sou jy nog steeds
Met haar wou trou?

Verseker oom
Al was sy arm,
Was my liefde
Nog steeds vuurwarm.

Dom mense soos jy
Moet uit ons familie bly.
Ek het 'n kort humeur
So, daar's die deur!

                              Chris M. v/d Westhuizen '96

Lys van Gedigte