Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76808

Drome van Pyn

Sproeireën vir my meisie
'n Reënboog glimlag breed,
Ons huppel deur die plassies
Haar hand in myne vergeet.

Kaalvoet sweef ons deur die lug
Ons het van als vergeet.
Nou wil werklikheid hom ontbloot,
In donderstorms reën dit voort.

Haar handjie sag en fyn
Gly meteens uit myn.
Twee paadjies lei weg, krom
Om uit die storms te kom.

Sal ons na die storm
Die paadjie terug vind
Waar ons saam in rustigheid,
By 'n poel ons hande bind?

Sal ons weer saam kan huppel
Deur moeder natuur se gang,
Deur nog meer storms en sonskyn?
Of moet ek ophou droom?

                              Chris M. v/d Westhuizen '96

Lys van Gedigte