Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76809

Visvang

Ek is 'n visserman van formaat
Oor visvang kan ek ure praat.
Twee soorte vis is volop te kry
Die skaars soort, los jy vir my.

Soort een is soos die geelvis.
So baie probeer haar vang.
Die soort vis het 'n skelm aptyt,
Sal net die hoek skoon byt.

Soort twee is soos die baber.
Afskuwelik gesien van buite,
Maar die vleis goed voorberei
Is verseker 'n gesogte lekkerny.

Die skaars soort los jy vir my.
'n Naam vir haar moet ek nog kry.
Beeldskoon van buite met 'n opregte beleid,
Die dag sal kom dat sy sal byt.

                              Chris M. v/d Westhuizen '96

Lys van Gedigte