Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76529

O Skone Natuur...

O Skone Natuur,
So soet is jy:

Soeter as die heuning
Wat uit doringbome vloei,
Soeter as die reuk
Van bloeisels wat nog bloei.

O Skone Natuur,
So mooi is jy:

Mooier as 'n roos
Wat in die lente bloei,
Mooier as die son
Wat deur groen blare gloei.

O Skone Natuur,
So wild is jy:

Wilder as die leeu
Wat ruik na sy prooi,
Wilder as die bokke
Wat bokspring ver in rooi.

O Skone Natuur,
So sag is jy:

Sagter as die dou
Wat vroeg sy glans kom strooi,
Sagter as die nessie
Van waar 'n vinkie broei.

O Skone Natuur,
So is jy:

Met al die dinge
Net vir my.
Mag God jou so skoon hou
Net soos 'n reine, reine jong vrou.

                              Chris M. v/d Westhuizen '95

Lys van Gedigte