Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76530

Mariaan

Mariaan is 'n boerenooi
'n Meisie na my hart.
Naaldwerk doen sy al te mooi
En ken van koskook tart.

Nuwe idees kom oor en weer
En werk net soos die beste geweer.
Wat wil 'n man dan meer begeer
as 'n vrou, wat van alles wil leer ?

As ek my in die kombuis betrap,
Dan gaps ek gewoonlik 'n baie groot hap.
Van die melktert wat sy graag berei,
Nes die van Sannie van der Spuy.

Naald en gare skrik haar nie af
En ken van klere, soos 'n stroper van kaf.
Wie nog met 'n masjien so flink kan werk
Hoort beslis saam met my in die kerk.

Maar dan trek die waarheid my weer vas
Net soos 'n bekende wysie.
As sy nie my moeder was,
Was sy beslis my meisie.

                              Chris M. v/d Westhuizen '95

Lys van Gedigte