Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 75657

Verste grens van menswees

Menswees is vir baie 'n droom.
Maar om daarvan deel te wees,
Is soos 'n kersie op 'n koek
Met die lekkerste soet room.

Om te kan lag wanneer jy wil,
Om te kan sing en fluit,
Sonder om te dink wat ander sal sê.
Ja, dis wat ek in die lewe wil hê !

God het ons geskape as mense
Om te kan lewe met plesier.
Want om net asem te haal,
Is jou lewe lusteloos en kaal.

So bewaarheid hierdie droom
Met die lekkerste soet room.
Jy is net eenmaal mens,
So strewe na jou verste grens.

                              Chris M. v/d Westhuizen '94

Lys van Gedigte