Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76530

Buig die boompie...

Aan my kind slaan,
Dit sal die dag wees.
Hy word katjie van die baan
En die duiwel vier fees.

Dus, buig die boompie
terwyl hy nog jonk is.

Ek het opgegroei
Met respek aan my ouers.
Hulle het my reg gesnoei
Deur my met die lat te looi.

So, buig die boompie
terwyl hy nog jonk is.

As 'n kind 'n vloekwoord laat,
Help dit om 'n bietjie te praat.
Maar om daaroor net te lag,
Word die grap, later 'n plaag.

Dus, buig die boompie
terwyl hy nog jonk is.

Aan ons is 'n opdrag gegee
Om te wandel volgens God se weë.
Deur jou kind te tug en reg te leer
Sal hy deur sy dade, God ook eer.

So, buig die boompie
terwyl hy nog jonk is.

                              Chris M. v/d Westhuizen '94

Lys van Gedigte