Chris van der Westhuizen

Gedigte en Gedagtes

Besoekers - Totaal: 76530

Aan Carolien

Ek sit op 'n rotsagtige randjie.
Die wind waai saggies deur my hare.
Dit waai nie deurmekaar nie, maar
Ek voel dit.
Dit is laatmiddag en
Die son wil-wil begin wegkruip.
Die rooi glans op die horison
Gee die soetdoringbome
'n Silhoeët van rustigheid.
Die soet reuk van doringbloeisels
Vul die atmosfeer,
En die sonbesies se gesing
Gee 'n salige rustigheid in my hart.
Ek hoor 'n dier in die verte blaf.
Alles lyk so sag.
Ek wil sing, maar
'n Wysie wil nie posvat nie.
Dit is wonderlik,
Wonderlik om net so te sit
En bewonder...

Jou vriendskap laat my voel
Soos die prentjie, geskilder hierbo.

Met Liefde
Chris

Ek mis jou ! xxx

                              Chris M. v/d Westhuizen '94

Lys van Gedigte